Wednesday, May 2, 2012

Dinge .....

So baie dinge maal deur my gedagtes en ek weet nie waar om te begin nie ! Dis soos adrenalien wat deur jou are bars so voel dit hier binne my !  Soms loop my beker oor en sommige kere sukkel ek om die laaste paar druppels daaruit te gaan haal !

Die afgelope 2 maande was ek op n onbekende reis wat my soms laat wonder, bietjie twyfel en ander dae dan dink ek "Ag wat de Hel" 1 dag op n slag en kom ons kyk wat gebeur !

"Heidi, jou lewe kan nie erger as wat dit reeds is nie so "Vat n Kans!"

Ek het ook n ontnugtering gehad wat my seergemaak het en baie trane gekos het in die afgelope paar weke ! Die een persoon wat jy probeer om nooit te oordeel en nooit haar foute te sien nie - sy haal die wind uit jou seile oor n menslike fout wat jy begaan en lank reeds vergeet het ! N Lewe wat nooit kon wees en n lewensmaat wat nooit joune was nie. Die persoon wat jy beskou as n ouer broer en nie n partner for life nie ! Dit kon net nooit gewees het nie, ons wereld het net teveel verskil en ons uitkyk was hemelsbreed ! Dis moes net nooit gewees het nie , nooit nie !!

                     ******************************************

Ieder en elke persoon word in jou lewe gebring vir n rede, dalk n seisoen, of dalk n leeftyd ! Soms net om die pad korter of laste ligter te maak ! Soms is dit om jou aan die nare verlede te herhinner wat soveel pyn en smart saam met hom dra ! Die dinge wat jy anders kon doen en die seer wat soveel minder kon wees !

Miskien dalk om juis al hierdie dinge te herleef en n tweede kans te he om als reg te maak ! Om jou oe oop te maak en met nuwe glinster na dinge en omstadighede te kyk !

Al wat ek weet is daar is altyd Hoop solank jy daarin Glo !
Geloof, Hoop en Liefde is deel van my bestaan en daaraan sal ek vasklou tot die einde !

                *************************************************

No comments:

Post a Comment