Wednesday, May 23, 2012

Liefde ...

Die liefde is lankmoedig, die liefde is vreedsaam, nie selfsugtig, nie haatdraend nie ..... so kan die lys aangaan en aangaan ! Sjoe maar daardie liefde kan mens so baie seer maak ook ! Ek het al baie innerlike wroegings gehad met die onderwerp, baie gewonder waarom mens verander van "Poplap to skroplap en dit in n baie kort tyd ! " Dit wat eens mooi en rooskleurig is skielik dor en uitgedroog ! Dis hartseer as ek sien hoeveel lewens is verwoes en pyn wat soveel lewens vernietig ! Soms staan jy mense aan die dood af en soms is dit mense wat mekaar net nie meer liefhet nie ! Die wereld is omgekeer, hoe wonderlik sou dit net nie wees om virewig saam met een persoon te wees wat jou behandel soos sy Poplap ! Jou kan vertroetel en liefhe tot die laaste asemteug ! Opreg in sy hart sy lewe met jou wil deel sonder twyfel kan opstaan en se "Dis my Vrou daardie en sy is die mooiste in die wye wereld !" Mr. ek is seker daardie vrou gaan vir die res van haar lewe aan jou sy wil wees want jy is een uit n biljoen !!!!!

No comments:

Post a Comment