Sunday, May 6, 2012

Maandag ....

Dis Maandag ! Ek draai nou al die heel oggend nie seker waar om te begin en wat om te vertel vanoggend nie !

Ek sal begin by Saterdag - skole rugby ! Ai ons ouers raak so opgewerk en die arme kinders is nou eers 7 jaar oud ! Wat gaan gebeur as daardie manne geharde rugby gaan speel op latere jare van hul lewens - ek dink nie my hart gaan dit hou nie ! Sjoe dis soms bietjie rof op die hartsnare en stembande !
Gelukkig het Aiden sy Ma verras met n drie !

Saterdagaand was die sang aand met Willie Botha, wat kan ek se die man is n lewendige simbool van God se Liefde, Vrede en Genade ! Dis ongelooflik hoe sy woorde en musiek mens se lewe so kan aanraak ! Ons almal was in vervoering met die musiek dis asof hy met my praat ! Ek glo God gebruik mense soos Willie om die pad vir ons aan te wys, die reis makliker en positiewer te maak en so ook om vir ons te wys waar ons droogmaak ! Soos Willie gese het "Daar is nog tyd om reg te maak - Pour Your Spirit out on Me !!!

No comments:

Post a Comment