Thursday, May 3, 2012

Realisties ....

Soms moet mens dinge net laat gebeur.  Is dit nie die moeilikste nie?

Jinne maar dis tog te lekker die adrenalien bars deur jou are en jy borrel van vreugde!  Jy waag dinge wat jy nooit gedink het op jou horison sal opduik nie.

Dan begin die ongemak waardeur jy worstel tot op daai punt waar jy opgewonde raak en jy ewe skielik onthou hoekom jy iets in die eerste plek wou doen.

 Ek is deesdae 'n al hoe groter aanhanger van selfdissipline en mense wat goed gedoen kry.  Nie omdat ek dit noodwendig aldag heeldag regkry nie, maar omdat ek sien wat die waarde daarvan is.

SOmmige dinge moet jy net doen om te ervaar waaroor dit gaan en anders gaan jy altyd wonder !!

"In the End, what we regret most are the chances we never took!!"

No comments:

Post a Comment