Friday, June 1, 2012

Vrydag ..

Dis maar altyd n jolige dag ! Dis asof mens se biologiese klok so ingestel is dat mens net vroliker en meer ogewonde raak as die dag aanbreek ! Veral as die middag 4 uur aanbreek by die kantoor dan wil ons almal lag en vrolik met haas die gebou verlaat na ons verskeie bestemmings !

Die lewe is n lied as jy hom opreg sing !!

Aiden is lekker siek en nie n oog toegemaak met die kind in my arms nie ! Sjoe dit was n swaar nag !! Hopelik begin die meds vinnig werk en hy is gou gou weer sy ou self ! Mens se hande voel so afgekap as dit by die seer kom wat jou kinders ervaar. Jy kan net soveel doen en niks meer .... maak my hart baie seer !!

Hopelik gaan die naweek n rustige ene wees met Aiden wat beslis nie in sy toestand gaan rugby speel nie, arme kind !

Miskien n movie naweek .... mmm kan werk !!

No comments:

Post a Comment