Wednesday, August 8, 2012

Bonsai Boom

Wees soos n bonsai boom, kleurvol, stylvol en gaan nie dood van die snoei nie.Word oud en lyk net mooier en beter. God, die lewe stel soms geweldige seer hoe eise aan my, die mense behandel my so onregverdig en selfsugtig. Die mense om my kan soms so ondakbaar wees vir my moeite en liefdesdade.
Tog bly ek groei en word net mooier en sterker. My kleure verdiep net.

Die seer laat baie vrae..... hoekom dit met my moet gebeur >, vrae van ontnugtering en seer val my gedagtes aan, en soek na antwoorde. Tog weet ek dis die snoeisker van die lewe, ek moet net uithou en aanhou, ek gaan beslis sterker en mooier word met tyd !
Ek verloor soms my vertroue en respek vir my medemens/geliefdes dan vra ek weer maar "Hoekom moet dit so wees?" Ek raak soms die teleurgestel in my lewensmaat se optredes, of my kind, of n vriend / vriendin. Ek struikel om liefdevol te bly, omdat ek so stil-stil in my stryd stry teen die seer.

Vandag wil ek sommer net by U kom rus en vra dat U my die regte pad sal wys. Help my net om te weet wat vir U belangrik is vir my lewe, en wat vir myself moet belangrik wees vir my lewe. Verwyder die selfopgelegde eise in my oorvol lewe, en leer my om sommer net U kind te wees.

Staan ook stil by elke geliefde van my, n kind, of n vriend/ vriendin van my , ek raak soms weggevoer in my besige lewe, dat ek byna nooit tyd kry om net vir hulle te se hoe baie ek hul waardeer!

Heer, maak my soos n bonsai boom. Ek wil mooier lyk, met meer karakter kenmerke as gister !!!!

No comments:

Post a Comment