Thursday, August 2, 2012

Ek IS God se kaalvoet meisiekind ......

Soms wonder mens waar het dit verkeerd geloop . . .
Ek het haar op 'n dag gesoek
Skielik besef sy's weg . . .
Maar hoe en waar en wanneer ? Ek het dan belowe ek sal haar nooit vergeet . . .
Nooit teleurstel . . .
Ek't haar belowe ek sal No Matter what . .
Haar altyd onthou . . .
Maar " Life Happens "
En mens raak besig . . .
Met jou lewe . . .
Met jou man . . .
Met jou kids . . .
Jou werk . . .
en dan op 'n dag
Besef jy sy's weg . . .
Hoe het dit dan gebeur ?
Dan kom ons Hemelse Vader en Hy vat jou . . .
Hy wys jou waar sy is . . .
My kind kyk in die spieƫl . . .
Kyk mooi . . .
Sy is daar . . .
Jy moet net soek . . .
Sy is nogsteeds daar
binne jou . . .
Jou VROUWEES . . .
Meisiekind van God
Ons is so besig om van die lewe 'n tuiste te wil maak en om die kids groot te maak en om
Supervrou te probeer wees . . .
Dat ons vergeet het om "VROU" te wees . . .
wat God besluit het ons moet wees . . .
Die sierraad van Sy skepping . . .
As jy as vrou voel jy is nie meer so mooi /sexy of vroulik soos altyd nie . . .
As jy dink jou man sien jou nie meer raak nie . . .
Daar is hoop . . .
Jy kan weer die Girl wees
Waarop jou man verlief geraak het . . .
Jou man sal weer drome droom oor jou . . .
Jy sal sy Darling en weer Koningin van sy lewe wees . . .
As jy single is : Vriendin maak jou gereed want God is nou besig om die mooiste liefdes storie
Vir jou te skryf . . .
En hoe weet ek al die dinge . . .??
Want ek is besig om die pad te loop . . .
En op 'n dag het God my gevat, omgedop en my weer myself my beste vriendin  begin maak . . .
Wat vol komplimente is en nie net vol selfafbreking en selfkastydings nie . .   Ek begin weer na al die jare myself word. . . .
Die vrou wie God besluit het ek moet en gaan wees . . .
Ek is God se kaalvoet meisiekind . . .

No comments:

Post a Comment