Thursday, August 28, 2014

Sterrediamant

Sit vanoggend en luister na die liedjie "Jy is n Sterre diamant" en my brein werk alweer oortyd. Hierdie sinvolle liefdeslied met sy treffende woorde wat aan die hartsnare raak. Mens is soms so broos van bitterheid, kommer, hartseer en onsekerheid dan kom hierdie mooi woorde en gee weer hoop. Bring weer n liggie wat uit die donker na vore kom. My lewe was vol uitdagings die afgelope 2 jaar en dit was die een groot slag op n ander.....Soms makliker om te verwerk en ander kere ongelooflik seer ....     2014 het afgeskop met groot verwagtinge.... 25 Maart Oupa Jimmy gegroet. Sy aardse plekkie verruil vir n ewige vrede in die Hemel by Ons Pappa Vader.  Die jaar het verbygesnel en my verjaarsdag het aangebreek .... ek word in werklikheid teruggeruk toe ek saam my Mammie die dag by Johannesburg Algemene Hospitaal se kanker afdeling sit en n groep jong kinders deel vir ons sop, helderpienk cupcakes en n lemoen uit ter viering van Madiba se verjaarsdag.  My ma se operasie word geskeduleer vir einde van Julie.  Die dag breek aan en sy verlaat die huis met groot opwagting want sy gaan mos nou mooi gesond terugkom sonder die massiewe gewas wat haar beroof van lewensvreugde. My hart trek swaar om te groet die oggend en ek voel skielik tranerig minwetend dat die trane net die begin is van strome wat nog gaan vloei. Hul stoot haar uit teater 8 ure later en die massiewe gewas is steeds duidelik sigbaar. JOU BINNESTE RUK EN JY WEET DA IS FOUT!!! GROOT FOUT !!!!! Drs het verdwyn en dis een van die langste nagte in my lewe. Die duiwel sit mos nou gemaklik op my skouer en voed my eens positiewe denke met pyn en hartseer.... Die volgende dag afspraak met Spesialis..... ek besef nou my grootste vrese het waargeword ek is STUKKEND!! In flardes na die gesprek en moet nou my Mammie in die oe kyk en se als is ok. Ek stap in by saal en ha eerste woorde is "Gaan ek dood ?" Ek sluk swaar en se " nie vandag nie Mammie maar eendag sal ons almal sterwe" ek dank my Pappa vir die woorde wat Hy uit my mond laat kom het want my woorde was op en ek was nog besig om myself bymekaar te maak na die gesprek met Spesialis. Ek wil net alleen wees ... my eie denke verwerk en skoonkry.....                                                            Jy bevind jouself waar jy onnodige vrae vra maar op daardie stadium is jou denke nie jou eie. Jy baklei en worstel met jou innerlike. Ek ry in my motor en baklei en snik so hard dat die mense in motors langs my vir my kyk asof hul my in Weskoppies wil inboek. Jy kom dan tuis en moet nou vinnig jouself wat in stukke rondle bymekaar maak om die kinders met liefde te groet en voor te gee dat als goed gaan wees...als gaan wees soos jou vooruitsigte van so paar dae gelede..... Dis moeilik om jou pa te vertel en dit weg te steek vir haar en almal wat haar liefhet. Ek kry swaar en druk word meer en meer...          My Pappa Vader gee my elke dag nuwe krag om steeds voor te gaan en al die balle in die lug te hou want jy kan mos nou nie een laat val dan is als wat jy na strewe vergete....... dis n maand later en ek voel sterker en positief want ek weet my Pa is die Koning en Hy ken my hartsbegeertes!!!!AMEN EN AMEN Dankie Jesus vir die twee rye voetspore wat net EEN geword het want ek weet U dra my deur !!!!!!

1 comment:

  1. Sjoe, kan nie glo dis reeds so lank verby, die emosie en pyn raak beter met die krag van Bo!

    ReplyDelete